PRINS & PRINS

DIAMONDS

HOME > NEWS

VERLOOR WIT DIAMANTE HUL GEWILDHEID?

Kleurlose (wit) diamante was nog altyd meer gewild, en duurder, as diamante met ‘n geel of bruin tint. Moderne tegnologie en veranderende lewensstyle is besig om kleurlose diamante se vonkel te taan.  Natuurlike diamante met ‘n ligte tint mag spoedig die nommer een keuse van verloof paartjies wees.  

Wat is sier diamante ? 

Slegs sowat 20% van alle natuurlike gemynde diamante is deursigtig, mooi en skaars genoeg om as edelsteen te dien. Die res van gemynde diamante is ondeursigtig, onaantreklik, grys of bruin, word as skuur- of snymiddel gebruik en is bekend as industriële diamante.  Die vraag na ‘n produk wat die hardste staal of klip kan poleer is baie groter as wat gemyn word en ‘n paar ton sintetiese diamante word jaarliks vervaardig vir gebruik in verskillende industrieë.

Natuurlike diamante sonder kleur, ook genoem ‘wit’ diamante (D,E, en F kleure) is baie skaars en duur, en was vir dekades die eerste keuse van beleggers en diamant liefhebbers. Die geweldige hoë prys van kleurlose diamante het veroorsaak dat diamante met ‘n effense tint (G,H en I kleure) of ‘n ligte geel of bruin tint, (J-P kleure) meer bekostigbaar en gewild in verloofringe en hoë kwaliteit juwele geword het. 

Die oorgrote meerderheid van sier diamante wat sedert 1866 in die Kaap Provinsie in Suid Afrika gemyn is, het ‘n ligte geel tint. Daarom dat diamant handelaars vir meer as ‘n honderd jaar, terme soos ‘Silver Cape,’ ‘Light Cape,’ ‘Cape,’ en ‘Dark Cape’ gebruik het om die hoeveelheid kleur in ‘n gemynde diamant te beskryf. Met die wêreldwye aanvaarding van die GIA se kleurgradering in die 1980’s, (waar kleurloos tot geel beskryf word deur syfers D tot Z) het die term “Cape” om die kleur van ‘n diamant te beskryf, in onbruik verval.

Natuurlike diamante met ‘n blou, groen, of pienk kleur bestaan ook, maar is so skaars dat die meeste verbruikers dit slegs in foto’s van bekendes of koninklikes kan bewonder.

Verskyning van kleurlose mens-gemaakte diamante.

In die vroeë 2000 het wetenskaplikes daarin geslaag om sintetiese diamante deursigtig en met dieselfde eienskappe as natuurlike diamante te vervaardig. Dié sogenaamde ‘lab-gegroeide’ diamante word vandag in fabrieke in Sjina en Rusland teen ‘n minimale koste vervaardig. Baie juweliers verkies om ‘lab-grown’ diamante te verkoop omdat die winsmarges soveel groter is, met die gevolg dat bykans die helfte van moderne verloofringe ‘n ‘lab-gegroeide’ diamant bevat. Baie vroue mag in die toekoms teleurgesteld wees as hul uitvind hul sintetiese verloof-diamant is niks werd nie.

Die vervaardigingskoste van ‘lab-gegroeide’ diamante het egter tot ‘n paar dollar per karaat geval.  Om verbruikers te wys dat hierdie tipe diamant geen waarde het nie, het die Diamant Beurs van Antwerpen ’n kougommasjien met laboratorium-gegroeide diamante gevul (elk ongeveer 0.30 karaat) en teen €5 (ongeveer R110) per stuk in ‘n inkopiesentrum verkoop. Ook, verskeie goudsmede verskaf ‘n ‘lab-gegroeide’ steen verniet, en maak slegs wins op die vervaardiging van die juweel. 

Die verskil tussen natuurlike en mens-gemaakte diamante.

Mens-gemaakte ook bekend as “lab-gegroeide” diamante het geen rariteit nie, is meestal kleurloos met ‘n goeie suiwerheid, en is goedkoop.   In ‘n juweelstuk lyk ‘n duur wit natuurlike diamant net soos ‘n waardelose ‘lab-gegroeide’ een. ‘n Groot wit diamant is dus nie meer ‘n simbool van rykdom, status en waardering nie aangesien meeste verbruikers dit kan bekostig. In teenstelling, ‘n groot, perfek geslypte, ligte geel of bruin diamant met goeie suiwerheid en intense kleurspeling impliseer rariteit, enig in sy soort en verteenwoordig ‘n biljoen jaar se aard geskiedenis – ‘n unieke edelsteen met blywende waarde en ‘n belegging vir die nageslag. 

Waarom sal iemand dan ‘n D/Flawless natuurlike diamant wil koop?  Slegs diegene wat dit as ‘n belegging en ‘n skans teen die verswakkende rand beskou, sal in so’n diamant belangstel. Raar, kleurlose gemynde diamante se toekoms lê dus in kluise en nie in juwele nie. 

Ons verwag dat toekomstige diamantkopers ‘n steen met ‘n ligte tint sal verkies bo ‘n wit natuurlike diamant wat net soos ‘n waardelose sintetiese diamant lyk.  Die groot verskeidenheid kleur tinte in natuurlike diamante is uniek en maak dit maklik om hul van spierwit ‘lab-gegroeide’ diamante te onderskei, selfs as in juwele gemonteer.

Verloof-paartjies sal liefs ‘n diamant koop met rariteit, wat ‘n tint van natuurlikheid het en  gesien kan word as uniek, iets van waarde wat kan dien as ‘n simbool van hul liefde – solank  dit bekostigbaar is.  Natuurlike diamante met ‘n ligte tint is die antwoord.

Die gewildheid van ‘lab-gegroeide’ diamante sal aanhou totdat kopers ontdek die steen waarvoor hul baie duisende rand betaal het, het eintlik geen waarde nie.

As u ‘n gelerige of bruin diamant besit, wees gerus, dis die kleur van ‘n natuurlike diamant en almal sal in die toekoms weet jou diamant is die ware Jakob. 

Die nederige bruin diamant kry ‘n nuwe lewe.

De Beers het onlangs met ‘n massiewe bemarkingsveldtog begin om die skoonheid en belostigbaarheid van liggeel en bruin natuurlike diamante te bemark.  Hierdie tipe diamante word deur De Beers in woestynagtige gebiede in Angola en Botswana gemyn, en onder die handelsmerk: “Ombré Desert Diamonds,” bemark.  ‘n Groter aanvraag na “Dark Cape” diamante en hul gevolglike prysstyging kan dus verwag word.

“Dune Diamonds” 

Prins&Prins Diamante is sedert 1982, een van die voorste verskaffers van natuurlike diamante.  Ons diamante kom meestal van die Atlantiese Kus, die OranjeRivier alluviale gruise en Botswana.  Ons diamante  met ‘n geel of bruin tint word onder ons handelsmerk, “Dune Diamonds,” bemark.

Vra gerus meer inligting oor gekleurde diamante. Skakel 021 422 1090,  of stuur ‘n epos aan: consultants@prinsandprins.com. Ons webtuiste: www.prinsandprins.com

Wanting to custom design your own ring? Pop us a message below

Call Now Button