PRINS & PRINS

DIAMONDS

HOME > NEWS

‘N NUWE LEWE VIR “SJAMPANJE  DIAMANTE.”

De Beers het onlangs met ‘n massiewe advertensie veldtog begin om die skoonheid en bekostigbaarheid van natuurlike diamante wat ‘n sigbare geel of bruin kleur het, te bemark. Hierdie tipe diamante word deur De Beers onder die handelsmerk: “Ombré Desert Diamonds,” verkoop – ‘n naam wat verwys na die “pragtige Afrika woestyne” waar De Beers baie van hul diamante ontgin.

Geel en Bruin diamante is nie nuut op die mark nie en is voorheen dikwels as “Sjampanje Diamante” beskryf. Ander kleurbeskrywings soos kaneel, heuning, konjak, karamel, neutmuskaat, botterskorsie, espresso, naeltjie, toffie, amber, cognac en café au lait-diamante het dekades gelede al hul weg in juweliersadvertensies gevind. Chocolate Diamond® is selfs ’n geregistreerde handelsmerk.

Die uitgangspunt is dat die diamante wat in fabrieke geproduseer word kleurloos (wit) of sterk gekleurd is, maar dat die natuur ’n reeks subtiele kleure voortbring. Elke natuurlike sier diamant is uniek in kleur en oorsprong – in teenstelling met die eindelose massaproduksie van laboratorium-gegroeide diamante wat almal ‘wit’ is, redelik suiwer en teen dieselfde dollar prys per karaat verkoop word.

Meer as 80% van alle sier diamante het ‘n ligte geel of bruin tint, is dus redelik beskikbaar en verkoop teen ‘n fraksie van die prys van kleurlose diamante. As ‘n getinte diamant goed geslyp is, is sy vonkel en briljantheid net so goed soos dié van ‘n kleurlose diamant en bied dit ook iets eksta – individualiteit. Getinte diamante kom in subtiele kleur variasies voor wat die koper en juweelontwerper meer keuses gee om ‘n unieke en persoonlike juweel te ontwerp. In ‘n massa-geproduseerde werêld waar dit moeilik is om tussen egte en sintetiese produkte te onderskei, sê natuurlike diamante; ons is uniek, raar en waardevol, biljoene jare oud en vir altyd ‘n simbool van egtheid.

Naskrif: De Beers kon liewer ‘n ander handelsnaam as Ombré Desert Diamonds gekies het omdat daar reeds ’n maatskappy met die naam Desert Diamonds bestaan wat sintetiese diamante en diamant simulante soos kubiese zirkonia verkoop.

Let wel:  Prins & Prins Diamante verkoop hul gemynde diamante wat ‘n ligte tint het onder die handelsmerk; “Dune Diamonds” , ‘n gepasde naam omdat die meeste van ons diamante vanaf die Atlantiese Kus, Namakwaland, Namibië en Botswana afkomstig is.

Vra gerus meer inligting oor getinte diamante. Skakel 021 422 1090,  of stuur ‘n epos aan: consultants@prinsandprins.com. Ons webtuiste: www.prinsandprins.com

Registreer vir ons nuusbrief, stuur u e-pos adress aan: marketing@prinsandprins.com en kry 10% afslag op u eerste aankoop by Prins & Prins.

Wanting to custom design your own ring? Pop us a message below

Call Now Button